Doelwit Stelling.

Die toerusting van ‘n generasie van mense wie sal lief wees vir die Gees-gedrewe Woord van God, dit sal verkondig, dit sal lewe en die wêreld daarmee sal verander.

 

 

“Ons leef in die eeu waarin daar verwys word na die sogenaamde Informasie ontploffing. Nog nooit was die geleentheid om te leer en kennis op te doen, so vrylik beskikbaar soos juis nou nie. Die waarde van kennis kan nie in hierdie kort rede met reg aangespreek word nie, maar ongetwyfeld lê die toekoms van enige individu, gemeenskap, kerk en volk in die vermoë om te leer en opgelei te word. Hierdie beginsel en waarheid word duidelik beklemtoon in die woorde van Jesus Christus aan sy dissipels in Matt 28:19b: ‘. . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het’. Die suksesvolle verspreiding van die evangelie en derhalwe die uitbreiding van ons Koning se koninkryk op aarde, is direk afhanklik van en verbind tot mense wat bereid is om te leer. LEDE IN CHRISTUS KERK TEOLOGIESE SEMINARIE sluit daarom direk aan by hierdie oproep vir Kinders van God om hulself beter toe te rus. Hierdie geleentheid, wat so gemaklik en sonder komplikasies aan ons elkeen gebied word, behoort aangegryp en benut te word”.

 

Home Meer oor ons Inskrywings SAFReC